SKOOLURE:
7:00 – 17:15

ADRES: Munniklaan 21 & 23
Sterpark Polokwane, 0699

Inligting

Als wat jy moet weet

Ons Dagprogram

Preprimêre Onderwys is ‘n informele opvoedkundige aanvulling tot die ouerhuis, wat die selfstandigheid en volwassewording van die Kleuter as uitkoms het.

Deur interessante afwisseling van geleenthede by die skool leer die Kleuter al meer deur spel.  Ons dagprogram maak genoeg voorsiening vir goeie afwisseling tussen rus, roetine en kringtyd en verskillende hand-aktiwiteite tydens vryspel.

Met ons hoë standaard van aanbieding en beplanning poog ons personeel om altyd die dagprogram stimulerend en uitdagend te hou.  Uitnemende onderrig en die ontwikkeling van elke Kleuter is ons prioriteit.  Die eindresultaat is ‘n liggaamlike en geestelike ontwikkelde kind, wat baie beter toegerus is vir die eise van formele onderrig.

Die dagprogram is dus ontwerp om aan die kognitiewe, geestelike, fisiese en emosionele behoeftes van die jong kind te voldoen.

 

7:00 – 8:00:  Aankoms by klas & Vryspel binne

8:00 – 8:15   Opruim

8:15 – 8:40:  Gewyde opening, teenwoordigheid en omgewingsopvoeding
8:40 – 9:40:  Eerste Kring
9:40 – 10:00:  Vryspel (binne / buite)
10:00 – 10:30:  Toiletroetine & Verversingstyd
10:30 – 11:00:  Tweede kring
11:00 – 11:45:  Buitespel
11:45 – 12:00:  Opruim & Toiletroetine
12:00 – 12:30:  Storietyd / Luistervaardigheid & Rustyd en verdaag
12:45 – 13:15:  Naskool-maats geniet middagete
13:15 – 17:00:  Middagprogram

Assessering en evaluering

  • Kleuters word deurlopend geassesseer en evaluering.
  • ‘n Aanpassingsverslag, en 2 rapporte word uitgegee – ses weke in die nuwe jaar in; en dan aan die einde van die tweede en vierde kwartale
Kirrikulum
  • Daar word elke dag individueel met elke kind gewerk.
  • Die VLOA & die NELDS dokumente vorm die uitgangspunt van die program wat verder ondersteun word deur navorsing, kennis en ondervinding.
  • ‘n Jaarprogram met 40 weeklikse temas en toepaslike aanbiedings.
  • Kleure, vorms en persepsies word ook intensief in die leerprogram ingewerk
  • ‘n Holistiese program waar kinders speel-speel leer.
  • Deurlopende assessering word gedoen.
  • ‘n Aanpassingsverslag, en 2 rapporte word uitgegee
  • Opvoedkundige in-en uitstappies wat tema-verwant is, word ten minste een maal per kwartaal aangebied.
Moets en moenies

Kleredrag

  • Die skool se “spogdrag” word op Vrydae gedra.  D.w.s. rooi en/of navy en/of wit.  Kleuters dra dus ‘n skoolhempie saam met ‘n denimbroekie (kort of lank – word deur die seisoen bepaal).  Dit is nie nodig om die res van die week “spogdrag” te dra nie.
  • Die kleuters dra die skool se spogdrag- T-hempie na funksies en uitstappies met ‘n bypassende denim.
  • Daar is  ‘n verskeidenheid kledingstukke beskikbaar, bestellings kan by die kantoor geplaas word.
  • Alle klerasie moet asseblief duidelik gemerk wees om sodoende die eienaar maklik op te spoor.
  • Ons daaglikse aktiwiteite sluit aktiewe spel in waartydens die kleuters kan vuil word. U kleuter moet gemaklik genoeg voel om hom / haarself te kan geniet sonder om bekommerd te wees oor hulle klere.
  • U kleuter moet klere aantrek wat hy / sy maklik vas of los kan maak.  ‘n Rits veroorsaak dat ‘n besoek aan die toilet nie gou genoeg kan geskied nie.  Onnodige glipse moet ons probeer uitskakel.
  • Ons verskaf voorskote vir elke kind om hulle klere te beskerm gedurende nat of morsige aktiwiteite. Selfs met die nodige voorsorg kan hul klere nat of vuil word. Om u kleuter ongemak en / of verleentheid te spaar verwag ons dat u ‘n ekstra stel skoon klere elke dag in sy / haar tassie saamstuur.
  • “Rokkies wil sy dra, maar almal kyk na haar!”  Indien u dogtertjie ‘n rompie of ‘n rokkie aantrek, wil ek u versoek om asseblief ‘n “skibroekie” of ‘n kortbroekie onderaan te trek.

Verlore goedere

  • Daar is ‘n mandjie in elke klaskamer waarin u alle verlore goedere kan kom soek.
  • Indien u kleuter met enige iets anders by die huis opdaag,  wat nie sy / haar eiendom is nie,  versoek ons u vriendelik om dit terug te stuur skool toe.

Wat bring ek saam? (elke dag)

  • ‘n Tassie wat deeglik gemerk is, en ene wat u kleuter self oop en toe kan maak.
  • ‘n Ekstra stel klere wat gemerk is vir onvoorsiene glipsies.
  • ‘n Opgevoude plastieksakkie vir die nat klere.
  • ‘n Botteltjie koeldrank of water (elke dag)
  • Slegs Vrydae – ‘n kosblikkie

Wat bly by die huis

  • Speelgoed
  • ‘n Kosblik (Maandag tot Donderdag)
  • Lekkergoed
  • Juwele,  deftige klere,  brille en selfone.
  • Skoene (tydens somer)
  • Kougom
  • Belde

Skoolbywoning

  • Skoolbywoning is nie die reg van die ouer nie.  Indien u, u kleuter moet kom haal vir enige rede moet reëlings asseblief vooraf met u kleuter se juffrou getref word.
  • Dit is so, dat ‘n kleuter soms om een of ander rede nie die skool bywoon nie – laat weet asseblief!

Speelgoed vanaf die Huis:

  • Die sentrum het voldoende ouderdomsgerigte speelgoed vir u kleuter.  Hierdie speelgoed is spesifiek uitgesoek om die kleuter te leer om mededeelsaam te wees,  te onderhandel,  te beplan en om aktiwiteite te inisieer.  Ons wil u dus vriendelik, dog dringend versoek, om nie u kleuter toe te laat om eie speelgoed vanaf die huis te bring nie, aangesien dit probleme skep met speelgoed wat breek of verlore raak.
  • Op baie spesiale geleenthede sal kleuters toegelaat word om ‘n speelding of voorwerp saam te bring om sy / haar maat en / of die onderwyseres te wys, met die verstandhouding dat dit weer dadelik huistoe geneem sal word.
  • Dit mag soms gebeur dat ‘n nuwe kleuter addisionele sekuriteit nodig het.  Sodanige situasies moet met die onderwyseres bespreek word, sodat die nodige reëlings getref kan word om iets van die huis saam te bring.
Sekuriteit
  • Ons maak gebruik van ‘n “Tag” stelsel vir toegangsbeheer.
  • Geen ouers en kinders mag deur die motorhek beweeg om in die skool in te kom nie.
  • Geen persoon anders as wat aangedui is op ‘n kind se inskrywingsvorm mag ‘n kind kom haal sonder ‘n skriftelike toestemming van die ouers. Bewys van ID moet op aanvraag verskaf word.
  • Ons noodplan is hersien volgens riglyne soos voorgeskryf deur die verskeie Departemente.
  • Die personeel se noodhulp en vuurbestryding opleiding word gereeld hersien.
Gesondheidsbeleid

‘N GESONDE LIGGAAM HUISVES ‘N GESONDE GEES

  • Beperk jou kind se suikerinname en bou aan sy/haar imuunstelsel.
  • Water drink word sterk aangemoedig op gereelde basis deur die dag.
  • Siek kleuters moet asb tuis bly, hulle herstel soveel vinniger.
  • Sodra een siek maatjie skooltoe gestuur word is die blootstelling daar dat hy/sy die ander maats sowel as sy juffrou aansteek.
  • Indien die kleuter koors of diaree ontwikkel het, moet hy/sy eers vir 12ure sonder enige tekens wees voordat hy/sy weer terugkom skool toe.
  • Volgens landswette mag geen medikasie by ‘n werkplek of skool toegedien word nie.
  • Toesighou is vir ons ‘n groot prioriteit en daardeur glo ons beperk ons ernstige beserings op ons speelgronde.
  • Indien daar beserings plaasvind is daar altyd ‘n personeellid wat die kleuter sal bystaan en versorg asook om die ouers in te lig van die besering.
Kalender en tye
  • Die daaglikse onderrigtyd strek vanaf 08:00 tot en met 12:30.
  • Daar sal egter toesig tot en met 13:15 wees, vir ouers wat ander kleuters / kinders het wat u dan by die skool kom besorg en afhaal. Geen kleuter wat nie by die naskool inskakel, mag na 13:15 afgehaal word nie. Die kleuters wat by die naskoolsentrum inskakel verdaag dan na die betrokke lokaal.
  • Aan die einde van die kwartaal sluit die skool egter om 12:00.
  • Ure: Halfdag: 07:00 – 13:15

Voldag:   07:00 – 17:15

Reëlings kan met die skoolhoof getref word indien u nou en dan voldagsorg vir u kleuter verlang, in welke geval ‘n addisionele fooi per middag betaal moet word.

  • Ouers moet asseblief daarop let dat ons opvoedkundige program stiptelik om 08:00 in aanvang neem.  Indien u kleuter dus laat by die skool aankom,  veroorsaak dit vir hom / haar,  sowel as vir die ander kleuters in die klas ‘n groot ontwrigting.  Reël dus asseblief u sake so dat u kind reeds voor agt (08:00) arriveer.
  • Ons program is eers om 12:30 afgehandel en daarom moet ons ‘n vriendelike beroep op ons ouers doen om u kleuters eers daarna te kom afhaal.  Moet asseblief nie tydens storietyd steur nie, dit onderbreek die kleuters se konsentrasie.
  • Osieteddies is naweke en publieke vakansiedae gesluit
  • Tydens openbare skoolvakansies volg Osieteddies ‘n vakansieprogram.
  • Osieteddies is gesluit vir ‘n week in die Junie/Julie vakansie, datums sal jaarliks deurgegee word.
Kwartale Open Sluit
Eerste 07 Januarie (opvoeders)
09 Januarie (leerders)
15 Maart
Tweede 02 April 14 Junie
Sentrum gesluit:  1 tot 5 Julie 2019
Derde 09 Julie 20 September
Vierde 01 Oktober 04 Desember (leerders)
06 Desember (opvoeders)