Ons onderwyseresse is professioneel opgelei en neem die voortou in die skolastiese komponent van onderrig. Die skool volg ook 'n mentor-beleid waar jonger, gekwalifiseerde onderwyseresse voortdurende indiensopleiding ontvang van meer ervare personeel.
Elke juffrou skep ‘n stimulerende, veilige atmosfeer in die klaskamer waar die kleuter kan leer, gelukkig wees en met selfvertroue kan optree. Sy bly deurlopend in kontak met ons ouers en stel hulle in kennis van die kleuter se sterk punte en waar nodig voorstelle aan die hand doen om ook die swak punte te verbeter. Elke juffrou beplan deeglik aan die aktiwiteite om voorsiening te maak vir die individuele vermoëns en belangstellings van die kleuters. Ons moedig logiese denke sowel as redeneringsvaardighede en kreatiwiteit aan. Ons probeer op hoogte bly van alle vernuwing t.o.v kleuteronderwys en skakel doelgerig met die Graad R onderwyseresse ten einde aanpassing te vergemaklik.