Aangesien ons oggendprogram by die skool propvol aktiwiteite is, word daar verkies dat alle bykomende buitemuurse aktiwiteite in die middae en tydens vryspel aangebied word, sodat die kinders nie uitmis op hulle program wat deur die juffrouens aangebied word nie.
Buitemuurse aktiwiteite se inskrywings en betalings word direk met die aanbieder daarvan gereel en is dus addisioneel. Alle korrespondensie word in die posbussies gepos.